Biologiese aanpassing

Onder biologiese aanpassing verstaan ons die veranderings in eienskappe van organismes waardeur hulIe in staat gestel word om beter in hul omgewing te funk­sioneer. Die funksie van biologiese aanpassing is om die oor­lewingskanse van die plant, dier of mens as individu te vergroot.

Tydens sy leeftyd moet die plant, dier of mens voortdurend aanpas sodra sy omgewing verander, byvoorbeeld as dit natter, kouer, droër of ligter word.  Daarnaas bestaan daar ook 'n vorm van aanpassing wat oor generasies strek. Dit is hier waar Charles Darwin se evolusieteorie ter sprake is, naamlik dat goed aange­paste diere hulIe besondere aanpassingsvermoë erflik aan hulIe nakomeling oordra, en dat swak aangepaste organismes deur selek­sie uitsterf.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy